Local newsNews

Volkies ontvang kragtige boodskap tydens spesiale diens

Ons vier al jare lank Paasfees, die opstanding en hemelvaart, maar het jy dit jou eie gemaak of is dit bloot iemand anders se storie?

Hoër Volkskool is op Christelike karakter gebou en daarom is dit vir die skool belangrik om elke jaar Hemelvaart te herdenk. Dit was Mnr Hennie Pieterse (hoof) se woorde tydens die skool se hemelvaartvieringe wat op 17 Mei gehou is.

 
Lerize Ludick en Tarien Trollip het voorlesings gedoen, waarna Celine Oosthuizen die pragtige geestelike lied ‘Crucified’ gesing het.

 
Rian Bezuidenhout het die Hemelvaart boodskap gebring. Hy het gesê God se lig in jou (maak nie saak wat die wêreld dink of sê nie) kan nooit oorskadu word nie.

 
“Is dit nie ons grootste probleem en uitdaging om beter te probeer wees nie? Niemand is tevrede met homself nie. Jy is die droom in God se hart, God se beeld. Jy kan nie volmaak wees nie, dis hoekom Jesus gekom het.

 

“Ons vier al jare lank Paasfees, die opstanding en hemelvaart, maar het jy dit jou eie gemaak of is dit bloot iemand anders se storie? God het vir ons ‘n ‘app’ gegee om ons van hulp te wees (soos die app op jou foon). Die ‘app’ wat die kruisiging, opstanding en hemelvaart vir ons bewerk het, is die ewige lewe. Dis die opheffing van ‘n sondaarsmentaliteit sodat ek kan opgroei na God se beeld,” het Bezuidenhout gesê.

 
Hy het afgesluit met die woorde: “Jy word toegerus met God se ‘app’ van die opstanding en die hemelvaart en die pinkode is jou intieme verhouding met Hom.”

 

Follow is on:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button