NewsSchools

Voornemende Graad 8s van Hoër Volkskool kry voorsmakie van die Groen Masjien vir hulle inhou

Met verskeie klasse se uitstallings en die sport- en kultuurafdelings ook teenwoordig was die Graad 7-leerders by Volkieland verwelkom met worsbroodjies en springmielies.

Hoër Volkskool het op 3 Mei hul opedag vir voornemende Graad 8-leerders gehou en vir groot opgewondenheid en pret met ‘n elektriese karnavalgevoel gesorg.

 

Met verskeie klasse se uitstallings en die sport- en kultuurafdelings ook teenwoordig was die Graad 7-leerders by Volkieland verwelkom met worsbroodjies en springmielies.

 

Gasvryheidstudies se leerders het ‘n verskeidenheid koeke en lekkernye in die Hotelskool voorgesit en daar was sop en broodjies in die koshuissaal vir die honger voornemende leerders en hul ouers beskikbaar wat die opedag bygewoon het.

 
Klaskamers was met uitstallings van die betrokke vak getooi en daar was ook praktiese sportsessies waaraan die voornemede Graad-8 leerders kon deelneem saam met die senior spelers, om ‘n idee te kry oor hoe dit by Hoër Volkskool gedoen word.

 
By Hoër Volkskool geniet akademie, sport en kultuur besondere aandag. Ouerbetrokkenheid is ‘n belangrike aspek van die skool. Volkskool se akademiese standaard is ononderhandelbaar.

 

Daarvan getuig die matriekuitslae wat jaar na jaar behaal word. As Afrikaans-medium skool dra Volkskool by tot ‘n veelrassige harmonie waarin elkeen gerespekteer word en almal uitnemendheid nastreef.

 
Die vraag is dus nie of jy na Volkies toe moet gaan nie, maar eerder wanneer jy gaan, want dit is hier waar jy die beste belegging in jou toekoms maak.

 

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button