Local newsNews

Talle ‘ekonomiese verwarmers’ vir aanneming by Heidelberg DBV

Die Heidelberg DBV is weeksdae oop vanaf 08:00 tot 15:00 en 09:00 tot 12:00 op Saterdae by Retiefstraat 1.

Heidelberg Dierebeskermingsvereniging (DBV) het ‘n verskeidenheid katte en honde vir aanneming beskikbaar. Katte is beskikbaar teen R530 en honde teen R830 elk. ‘n R100 deposito word vereis waarna ‘n inspeksie van jou huis en lewensomstandighede volg.

 
Die Heidelberg DBV is weeksdae oop vanaf 08:00 tot 15:00 en 09:00 tot 12:00 op Saterdae by Retiefstraat 1. Die R10-boekwinkel bied steeds tweedehandse boeke aan en skenkings van die publiek is welkom. Susan van der Merwe (voorsitter) kan vir meer inligting by 016 342 4114 geskakel word.

 


Lucy is ‘n drie-jaar-oue teef. Sy is ‘n Spanjoel met ‘n vriendelike geaardheid.

 

Hierdie oulike tefie word Kiki genoem. Sy is ‘n Maltees wat net oor ‘n jaar oud is. Sy hou van aandag.

 

Showie is ‘n skaam Foxterriër. Dié tweejarige reun is teruggetrokke, maar kruip vinnig uit sy dop sodra hy ‘n kopkrap of twee kry.

 

Bella is ‘n baie skaam skoothondjie. Sy is ses maande oud en skrikkerig vir kinders.

 

Dié een-jaar-oue Foxterriër Mimi is baie rats en vol energie. Sy hou van speel en baie aandag.

 

Hierdie liefdevolle mannetjie hou daarvan om homself teen jou te vryf en aandag te kry. Hy is een jaar oud en benodig ‘n huisgesin wat hom baie liefde sal gee.

 

Hierdie vier-maande-oue katjie sal dadelik in jou hart kruip. Hy is baie nuuskierig en hou van aandag.

 

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button