Local newsNews

Stefan verpletter opponent in kryt

Pretorius het die geveg teen Khulekani Hlongwa van Durban van begin tot einde oorheers.

Stefan Pretorius (26) het sy eerste EFC (Extreme Fighting Championship) geveg in ‘n hoër gewigsafdeling (middelgewig) met gemak op 4 Mei by Carnival City Casino and Entertainment World gewen.

 
Pretorius het die geveg teen Khulekani Hlongwa van Durban van begin tot einde oorheers. Hy het binne die eerste 30 sekondes van die geveg met Hlongwa kontak gemaak en dit reggekry om sy teenstander vinnig grond toe te bring.

 
Hoewel Hlongwa groter as Pretorius vertoon (hy weeg ook swaarder), was dit van die begin van die geveg af duidelik dat Pretorius topfiks is en het hy ook kontak geïnisieer.

 
Hlongwa ( met ‘n swart gordel in karate) het probeer keer, maar kon nie die ystergreep van Pretorius ontglip nie. Pretorius het sy opponent met sy bene vasgevat, waarna hy Hlongwa op sy rug gekeer en teen die grond vasgepen het.

 
Die geveg het hierna slegs in een rigting geloop. Hlongwe was magteloos teen Pretorius se vuishoue wat op hom neergereën het. Pretorius het genadeloos ook ‘n paar elmboog houe ingekry en Hlongwe is tot totale oorgawe gedwing.

 
Pretorius het reeds ses professionele EFC gevegte agter die rug, maar het vir ‘n jaar en ‘n half lank ‘n blaaskans geneem, voor hy vanjaar tot die middelgewig toegetree het. Pretorius sê sy kop was op die regte plek en hy het volle vertroue in sy fiksheids- en oefenkamp gehad.

 
Hy het reeds met sy nuwe oefenkamp begin vir sy volgende geveg wat op 29 Junie by Carnival City sal plaasvind. “Ek is beseringvry en wil die momentum vir my volgende geveg voortsit,” het Pretorius aan HERAUT gesê.

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button