Local newsNews

Sagies sing in finaal vir Gautengstreek kompetisie

Die beoordelaars het hul verbasing uitgespreek oor die warm toonkwaliteit van ’n groep wat slegs twee maande gelede op die been gebring is.

‘n Talentvolle groep leerders (Graad 4-7) van Laerskool Hannes Visagie het op 7 Mei aan die gewilde KykNET koorprogram Sing in Harmonie 2019, wat tans die grootste skoolkoor kompetisie in Suid-Afrika is, deelgeneem. Dié koor het na die Gautengstreek finale op 10 Oktober deurgedring.

 
Die beoordelaars het hul verbasing uitgespreek oor die warm toonkwaliteit van ’n groep wat slegs twee maande gelede op die been gebring is. Die talentvolle bydrae van solis Driaan Prinsloo het vir groot opgewondenheid oor die toekoms van hierdie jong koor gesorg.

 
Unieke liedjie keuses, asook die ingesteldheid van die koor is deur die beoordelaars gekomplimenteer. Die koor se harde werk en passie asook die entoesiame van die koorleiers juffroue Lida Potgieter en Liesel Rall het die koor bo die res van die deelnemende skole laat uitstaan.

 
Na groot afwagting vir die uitslae was die koor in ekstase om te hoor dat hulle deurdring na die Gautengstreek finale wat op op 10 Oktober plaasvind deurgedring het.

 
Sing in Harmonie is vanaf 16 Junie op Kyknet musiek, kanaal 146 op DSTV te sien.

 

Follow us on:

Related Articles

Back to top button