Local newsNews

Koeksoda klop verkoue, sê 83-jarige

Op 83-jarige ouderdom sê Matty Coetzee sy is so gesond soos ‘n roer. Wat is haar geheim?

 

Geen verkoue virus kry vastrapplek in Matty liggaam nie en sy skryf dit toe aan ‘n daaglikse dosis koeksoda. Matty is ‘n inwoner van Nigel Tuiste vir Bejaardes en wanneer wintersiektes soos verkoue en griep dreig om personeel plat te trek, staan Matty graag nader. “Meng twee teelepels koeksoda met sowat 500ml koue water en teug sommer heeldag daaraan,” het sy voorgestel.

Matty beweer dié boereraat het verskeie verpleegpersoneel uit ‘n siekbed geskop en sy deel dit graag met ander, omrede dit bekostigbaar en natuurlik is. Haar kennis, het sy bygevoeg, is afskomstig van haar broer, Dr Gerrit Viljoen, ‘n lektor by die destydse Landbou Kollege op Elsenburg in die Kaap.

 

Related Articles

Back to top button