Local newsNews

Hoër Volkskool as top-presterende skool in distrik gekroon

Hoër Volkskool se matrieks van 2018 het die skool baie trots gemaak met puik uitslae, wat Volkskool die top-presterende skool in die Sedibeng-Oos distrik gemaak het.

‘n Prysuitdeling vir die matriekklas van 2018 is deur die Sedibeng-Oos distrik se afgevaardigdes op 1 Februarie gehou.

Hoër Volkskool het toekennings vir die volgende prestasies ontvang: top-presterende skool in die distrik; beste kwintiel 5-skool in die distrik; skool met die meeste onderskeidings per leerder;  skool met die meeste leerders wat vir graadstudies gekwalifiseer het;  algehele top drie leerders in die distrik – Marissa Joubert (eerste), Megan Baird (tweede) en  Jacques la Grange (derde).

Die toppresteerder in kring 2 is Marissa Joubert.  Die toppresteerders per kategorie (kwintiel 5-skole) is Marissa Joubert  (nommer een), Megan Baird (nommer twee), Jacques la Grange (nommer drie) en Nica Human (nommer ses).

Also read -> Volkskool atletiekprestasies

Die beste vakprestasies per leerder in die distrik is as volg: Marissa Joubert: Afrikaans HT; Wiskunde; Rekeningkunde; Besigheidstudies; Geskiedenis; AdMaths en Dramatiese Kunste.  Megan Baird het beste vakprestasies vir Engels EAT en RTT verwerf, terwyl  Jacques la Grange die toekenning vir Fisiese Wetenskap verdien het. Genevieve Louw het die beste presteer in Toerisme, Lisa-Marie Verwoerd in Dans en Claudine Steyn in Musiek.

Die beste vakprestasies per onderwyser in die distrik is deur die volgende Volkskool onderwysers verwerf: Mev M du Plessis – Afrikaans HT, Mev A Gouws en Mev A Claassen vir Wiskunde, Mev A Ferguson vir Geskiedenis en Mev T Vorster vir Toerisme.

Mnr Hennie Pieterse (hoof), Volkie-personeel en ouers het hul trots vir die matriekgroep van 2018 uitgespreek en elkeen met hul uitnemende prestasies gelukgewens.

 

 

Volg ons op:

 

Related Articles

Back to top button