Hoërskool John Vorster se meisies atletiekspan is na afloop van die Interhoër wat op 13 Februarie by Boksburg Stadion plaasgevind het, as algehele wenners van die byeenkoms aangewys. Die ander deelnemende skole was Hoërskool Stoffberg, Hoërskool Oosterlig, Leeuwenhof Akademie en Hoërskool Delmas.
Tydens Hoërskool John Vorster se Interhoër atletiekbyeenkoms is Petros Ngwenya as die beste junior seuns baanatleet aangewys. Elandia Marais is as die beste senior meisies veldatleet aangewys en het ook die senior Victrix Ludorum trofee ontvang. Doné Harris is as beste senior meisies baanatleet aangewys.