Sport

Opperman wen Mildots se eerste kompetisie vir 2019

Mildots Field Target Club het op 2 Februarie hul eerste skietliga vir die jaar aangebied.

HEIDELBERG – Mildots Field Target Club het op 2 Februarie hul eerste skietliga vir die jaar aangebied.

Lede van klubs in Gauteng het in twee rondes met ‘n totaal van 25 bane teen mekaar meegeding.

Die deelnemers  het om 07:00 afgeskop en die laaste skote het na 17:00 geklap. Mildots se skietbaan het vir uitdagings gesorg, maar dit was ‘n produktiewe dag ondanks gure weer.

Werner Kleynhans, baanoffisier vir die dag, het hom uitnemend van sy taak gekwyt en die dag het goed verloop wat veiligheid en die administrasie van kompetisiereëls betref het.

Francois Opperman was die wenner van die eerste ronde met 48 uit 50 teikens raakgeskiet. Rory MacLeod was tweede en Cor Swanepoel derde. Tydens die tweede ronde het MacLeod met 49 uit 50 eersteplek behaal. Kort op sy hakke was Errol Mann in die tweedeplek en die derdeplek het aan Mark Fairon gegaan.

Organiseerders Shayne Young, Gerhard Strydom en Lynn Strydom het self aan die teikenskiet deelgeneem met Strydom in vierdeplek met 44 uit 50 teikens raakgeskiet.

 

Gregory Twiggs en Mark Feron het met groot entoesiasme die skietbaan tydens die ligabyeenkoms aangedurf.

 

Die volgende skietbyeenkoms vind op 4 Mei by Mildots se skietbaan, wat op die Balfourpad geleë is, plaas.

Belangstellendes wat wil aansluit, kan die klubvoorsitter Shayne Young by 082 854 3121 skakel.

 

Volg ons op:
Facebook Twitter

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button