Local newsNews

99 Kersies op Sannie se verjaardagkoek!

Sy is in 1919 in Bethuli gebore waar sy haar skoolloopbaan voltooi en op 19 September 1943 met Abraham in die eg verbind is.

NIGEL – Sannie van Niekerk het op 13 Desember haar 99ste verjaardag aan huis van haar seun Peet gevier.

Sy is in 1919 in Bethuli gebore waar sy haar skoolloopbaan voltooi en op 19 September 1943 met Abraham in die eg verbind is. Vier seuns is uit die huwelik gebore. Sannie is die afgelope 65 jaar deel van die Nigel gemeenskap en volgens haar kinders was sy ‘n tuisteskepper wat na haar gesin omgesien het.

Sy het ‘n slag in die kombuis gehad, maar was ook lief vir naaldwerk, veral breiwerk. Na die afsterwe van haar man in 1976 het sy haar intrek by haar seun geneem. Weens haar gesondheid word sy deesdae tuis verpleeg. Sannie spog met agt kleinkinders, sewe agterkleinkinders en een agter-agterkleinkid.

 

Follow us on:
Facebook Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button