NewsSchools

Hoërskool John Vorster

Om skool te hou was altyd my passie, nie net ‘n werk nie. Ek gaan my kollegas, leerders en selfs die daaglikse roetine geweldig mis,

 

NIGEL – Petros Ngwenya, ‘n Graad 8-leerder van Hoërskool John Vorster het op 24 November aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem, waar hy Gauteng verteenwoordig het. Hoewel Petros (14) in ‘n hoër ouderdomsgroep kompeteer het, het hy ‘n algehele sesdeplek in die 100m naellope vir seuns o/15 behaal.

 

NIGEL – Anita Maritz lê die tuig op 31 Desember ná 37 jaar diens by Hoërskool John Vorster neer. Sy het ‘n Hoër Onderwys Diploma in 1981 aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) verwerf, waarna sy tik en snelskrif (later Rekenaartik) by Hoërskool John Vorster onderrig het. Sy het haarself later bekwaam om Rekenaartoepassing Tegnologie aan te bied en gedurende 1982 word sy as waarnemende departementshoof aangestel.

Dié aanstelling word in Januarie 2017 ‘n permanente pos en staan sy aan die hoof van die Departement van Ekonomiese Bestuurswetenskappe en Kommersiële Wetenskappe. Gedurende haar loopbaan by Vossieland was Maritz aktief by die skool se sport- en kultuuraktiwiteite betrokke. Sy was ook ‘n provinsiale moderator vir die Graad 12-eksamen vraestelle in 2010.

Maritz is 37 jaar met haar man Piet getroud en twee kinders is uit hul huwelik gebore. Sy spog ook met twee kleinkinders. Hoewel sy nie onmiddellike toekomsplanne ná aftrede het nie, beplan die Maritz-egpaar ‘n maandlange toer deur die land en is sy opgewonde oor die reis wat voorlê.

“Om skool te hou was altyd my passie, nie net ‘n werk nie. Ek gaan my kollegas, leerders en selfs die daaglikse roetine geweldig mis, maar vir nou sien ek daarna uit om meer tyd tot my beskikking te hê, sodat ek en my man dinge saam kan aanpak. Vossieland is ‘n puik skool met puik waardes en goeie onderwysers en ek is dankbaar vir die tyd wat ek saam met elkeen kon spandeer,” het Maritz gesê.

Follow us on:
Facebook      Twitter

Related Articles

Back to top button