CrimeNews

Heidelberg misdaad

In nog ‘n voorval het boewe op 5 Desember toegang tot ‘n huis in Vosstraat, Rensburg gekry nadat hulle diefwering oopgebreek het.

HEIDELBERG – Chris Prinsloo (78) het skaars van die skok herstel ná hy op 31 Oktober ‘n slagoffer van ‘n huisroof was, toe daar weer op 5 Desember by sy huis in Walkerstraat, Rensburg ingebreek is.

Dié keer het die boewe deur die nag terwyl hy slaap, ingebreek. Hy het dit eers die volgende oggend nadat hy opgestaan het, besef en sê die boewe is met ‘n pakkie sigarette, twee elektriese skeermesse en ‘n sirkelsaag weg.

Hy het die inbraak by Heidelberg Polisie rapporteer en die hoop teenoor HERAUT uitgespreek dat die boewe wat sy huis so gereeld teiken, binnekort gevang en agter tralies gegooi word.

“My huis is nou in die mark, want ek voel nie meer veilig hier nie,” het hy aan HERAUT gesê.

In nog ‘n voorval het boewe op 5 Desember toegang tot ‘n huis in Vosstraat, Rensburg gekry nadat hulle diefwering oopgebreek het.

Inwoners word gemaan om veiligheid in en om die huis op te skerp, veral oor die feesseisoen. Daar word ook ‘n dringende beroep op inwoners gedoen om by die GPF betrokke te raak.

Rapporteer altyd alle verdagte optrede by die polisie sodat hulle werk kan maak daarvan – as niemand dit rapporteer nie, sal hierdie bedrywighede net eenvoudig aanhou gebeur en misdaad nie minder word nie. Skakel

Heidelberg SAPD by 016 341 0372/61 of Heidelberg GPF by 083 391 5448 of 082 443 1808.

 

Follow us on:
Facebook      Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button