Local newsNews

Goeiehoop VLU se 502de vergadering

Dit was die voorlaaste vergadering van die jaar wat na verwelkoming deur die voorsitter Lizette Pretorius, tot orde geroep is.

HEIDELBERG – Lede van Goeiehoop VLU het op 10 Oktober vir hul 502de vergadering by die huis van Anso Dijzel bymekaargekom.

Dit was die voorlaaste vergadering van die jaar wat na verwelkoming deur die voorsitter Lizette Pretorius, tot orde geroep is.

Na die voorlees en aanvaarding van die vorige notule, het Lizette aanstaande jaar se kompetisie artikels en beoordeling bespreek. Sy het lede herinner om hul artikels vroegtydig af te handel, aangesien dit reeds op 16 Januarie beoordeel word.

Reëlings met betrekking tot die tak se jaarafsluiting wat op 12 Desember plaasvind, is nog nie gefinaliseer nie en lede is aangemoedig om voorstelle vir ‘n uitstappie te maak.

Die volgende vergadering vind op 14 November om 09:00 plaas en almal is welkom om dit by te woon.

Vir navrae, skakel Lizette by 083 987 1828.

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button