Local newsNews

NUWE VRIENDELIKE INSPEKTEUR BEVEG DIEREMISHANDELING

Mphahlele sê dat diere eienaars hul diere met genoeg kos en vars water bedags moet los en seker maak dat erwe se hekke en heinings stewig toe is

Comfort Mphahlele is op 8 Oktober as die nuwe inspekteur van Heidelberg Dierebeskermingsvereniging (DBV) aangestel.

Hy het van Witbank na Heidelberg verhuis en sy boodskap is dat hy dieremishandeling trompop sal beveg. Mphahlele sê dat diere eienaars hul diere met genoeg kos en vars water bedags moet los en seker maak dat erwe se hekke en heinings stewig toe is sodat diere nie op straat beland waar hulle beseer kan word nie.

Losies vir diere word ook aangebied by Heidelberg DBV sou eienaars met vakansie gaan. Die dier  moet ouer as ses maande wees en sy inentings op datum. Die losies is slegs vir diere van eienaars wat lede van die DBV is, teen R50 per jaar lidmaatskap.

Om fondse verder te verstewig het die tak ook ‘n R10-boekwinkel waar boeke aangekoop kan word. Skenkings aan die boekwinkel kan direk by hul kantoor in Retiefstraat afgelaai word.

Die DBV bied ‘n jaarlikse kalender te koop aan wat binnekort beskikbaar sal wees. Borgskappe vir hokke word ook gesoek teen R100 per maand (debietorder) wat hulle in staat stel om die betrokke dier in daardie hok te onderhou met voedsel en die nodige mediese sorg.

Die gemeenskap kan verder help deur donasies van hondekos, katkos, kombersies, hondebedjies, jassies, speelgoed en kombersies. Diere kan ook aangeneem word teen ‘n bedrag wat die sterilisasie of kastrasie asook die eerste inspuiting insluit.

Sou u dier wegraak, rapporteer dit by Heidelberg DBV.

Diere eienaars kan die DBV se noodnommer 071 994 9960 in geval van nood skakel.

Die kantoor-ure nommer is 016 342 4114.

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

Related Articles

Back to top button