Sport

Heidelberg se MMA studente presteer in Jiu Jitsu kompetisie

Agt studente van die Ability Academy het aan die ADCC South African Open No-Gi grappling toernooi op 29 September by die Mall of Africa deelgeneem.

Die toernooi word ‘n paar keer elke jaar regoor Suid-Afrika gehou.
Die ADCC Grappling organisasie poog om die sport aan Suid-Afrikaners bloot te stel en juis om dié rede word die kompetisies in groot publieke plekke aangebied.

Die studente van Rio Grappling Club Heidelberg wat onder Ability Academy ingedeel is, het die volgende prestasies in hul afdelings bereik:
Umar Karim (8) en Sebastian Ferreira (11) het goue medaljes verwerf.
Francois Meyer (23) het ‘n silwer medalje losgeslaan en hy is ook huidiglik die “fightstar lightweight” kampioen.
Muhammed Karim (9), Dakota Bezuidenhout (8), Naco Mouton (10) en Rowan Bezuidenhout (10) het silwer medaljes en Righardt Ferreira (14) ‘n brons medalje verwerf.

Vir navrae oor die sport kan Stefan by 084 815 0410 geskakel word.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

Related Articles

Back to top button