Nigel Rugbyklub bekroon beste van die bestes tydens prysuitdeling
Nigel Rugbyklub se prysuitdelingsfunksie het op 29 September by Laerskool Tini Vorster plaasgevind.
Spelers, afrigters en spanbestuurders is met trofeĆ« vir hul harde werk die afgelope seisoen beloon. Na die verwelkoming is lede van die klub vir hul toewyding bedank en het die prysuitdeling ān aanvang geneem. Bianca Buys het ān toekenning vir mees getroue toeskouer van die jaar ontvang, terwyl Jacques Brits as klubman van die jaar aangewys is.
In die o/21-afdeling is die volgende toekennings gemaak: Robert Botes (voorspeler van die jaar en meeste punte aangeteken), Danie Strydom (agterspeler van die jaar en meeste drieƫ gedruk) en Dwayne Rossouw is as o/21-speler van die jaar aangewys.
In die tweedespan-afdeling is Ferdie Snyman as voorspeler van die jaar asook spelerkeuse van die jaar aangewys. MornĆ© Viljoen het ān trofee vir agterspeler van die jaar en Olivethu Vuyo ān toekenning vir die speler wat die meeste drieĆ« gedruk het, ontvang. Dawie Strauss het die meeste punte aangeteken. Die mees toegewyde tweedespanspeler is Adriaan Cilliers. Ockie Grobler is as tweedespan speler van die jaar aangewys.
Eerstespanspeler Erik Ruthen het ān trofee vir voorspeler van die jaar ontvang en is ook as die senior speler van die jaar aangewys. Johnny Holmāner is as agterspeler van die jaar aangewys. Duan Tromp en Johan Kruger het gesamentlik die meeste drieĆ« gedruk en Kruger het ook die eerstespan wisseltrofee (floating trophy) ontvang. Die meeste punte is deur Reon Bezuidenhout aangeteken en hy is ook as bestuur se speler van die jaar aangewys. Frikkie Jansen het ān trofee vir mees toegewyde speler ontvang. Jarico van Niekerk het die junior speler van die jaar toekenning ontvang. Mandal Mosikidi is as eerstespan speler van die jaar aangewys.
Onder die bestuurslede is Hansie van Wyk (senior) as spanbestuurder van die jaar en Hansie van Wyk (junior) afrigter van die jaar aangewys. Anita Celliers het ān trofee vir bestuurslid van die jaar ontvang.
Met ān totaal van 508 punte, is die eerstespan as Nigel Rugbyklub se beste span van die jaar aangewys.
Volg ons op: