CrimeNewsBreaking News

PLAASMOORD – 69-jarige sterf tydens plaasaanval by Houtpoort – Heidelberg

Polisie is steeds op die toneel waar ‘n 69-jarige man in die vroeë oggendure binne sy huis by Houtpoort buite Heidelberg oorval en doodgeskiet is.

Die voorval het volgens Polisiewoordvoerder Kaptein Kay Makhubele tussen 01:00 en 02:00 op 3 Oktober plaasgevind nadat vyf aanvallers geforseerde toegang tot die huis verkry het.

Die slagoffer is tydens die aanval in die bors gewond en het op die toneel gesterf, waarna die verdagtes met die slagoffer se motor, huishoudelike items en ‘n kluis gevlug het. Twee wegkommotors is ook tydens die aanval gebruik.

“‘n Veiligheidswag het onraad vermoed toe sy ‘n aantal voertuie op die plaasperseel sien rondbeweeg. Sy het later ‘n SAPD patrollievoertuig op die Balfourpad afgetrek en by nadere ondersoek het die Polisie een verdagte op die plaas vasgetrek. Hulle het die slagoffer se liggaam binne die huis gevind,” het Kapt Makhubele gesê.

‘n Tweede verdagte is later in Ratanda aangekeer waar die Polisie op ‘n vuurwapen en die twee wegkommotors beslag gelê het. Van die gesteelde items is ook in die voertuie gevind.

Sake van moord, huisroof, onwettige besit van ‘n vuurwapen asook besit van gesteelde goedere word ondersoek.

Die verdagtes sal na verwagting in Heidelberg Landdroshof verskyn.

Lees meer in die volgende uitgawe van HERAUT.

 

Volg ons op:
Facebook Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button