News

Meyer se veggees nt te veel vir Malboer Steyn

Oud-Volkie klim rangleer na bo in gemengde gevegkuns

Oud Volkie Francois Meyer is besig om die gevegkuns (mix martial arts) rangleer na bo te klim, nadat hy op 21 Julie die liggewigtitel suksesvol tydens die gemengde gevegkuns-kampioenskappe in Pretoria verdedig het.

 
Nie alleen het Meyer se vertoning in die Fightstar 33 (die finaal van ‘n agtman uitskakelronde) hom die titel terugbesorg nie, maar hy het ook R200 000 in borgskap en ‘n professionele kontrak van R50 000 ingepalm. Hy het sy teenstander Smit ‘Malboer’ Steyn van Secunda in die derde ronde met ‘n teksboek omkeer-armbalkbeweging uitgeskakel.

 

“Dit is ‘n fantastiese gevoel en dit was veral belangrik dat ek met hierdie oorwinning my kritici se monde snoer, “het hy na afloop aan die media gesê.

 

Meyer het gedurende 2013 by Hoër Volkskool matrikuleer en is tans besig met ‘n Honneursgraad in   Besigheidsbestuur en Entrepreneurskap aan die Universiteit van Potchefstroom. Hy vertrek eersdaags na Beijing, China waar hy vanaf 10 tot 15 September aan die internasionale gemengde gevegkuns federasie (IMMAF) se Asian Open Mixed Martial Arts kampioenskappe deelneem.

 

Lees ook: WATCH: How to defend yourself against an attacker/hijacker

 

Sodra hy terug op plaaslike bodem is, beplan Meyer om eers weer sy liggewigtitel teen Nkosi Ndebele te verdedig voordat hy na Baharia vertrek vir deelname aan die internasionale gemengde gevegkuns wêreldkampioenskappe wat vanaf 11 tot 18 November by Khalifa Sport City Arena aangebied word.
Meyer het ook aan HERAUT gesê dat besig is met voorbereiding om in 2019 op professionele vlak in dié sport te kompeteer.

 

Oud-Volkie Francois Meyer het sy liggewigtitel in gemengde gevegkuns op 21 Julie suksesvol verdedig toe hy Smit Steyn van Secunda in die derde ronde met ‘n omkeer-armbalkbeweging oorwin het.

 

Volg ons op:

Facebook

Twitter

Related Articles

Back to top button