Sport

Mildots Masters lewer uitstekende skuts

Heidelberg veldteiken skietklub wat as Mildots bekendstaan, het hul jaarlikse Masters kompetisie op 30 Junie aangebied, waartydens altesaam 30 skuts van oral uit Gauteng sake op die skietbaan uitgespook het.

Heinri Brink, Magiel Basson en Wian Strydom het eersteplekke in die verskillende afdelings opgeraap.
Hulle is ook deel van die nasionale span wat Suid-Afrika later vanjaar in Pole gaan verteenwoordig.
Spankaptein Gerhard Strydom het vierdeplek en Lynn Strydom vyfdeplek behaal.
In die SFT-afdeling  het Marcel de Clerk eersteplek behaal.

Die volgende skietbyeenkoms vind in September plaas en almal is welkom.

Belangstellendes wat wil aansluit kan die Mildots klubvoorsitter Shayne Young by 082 854 3121 of Lynn Strydom by 060 550 6447 skakel.

 


Plaaslike landdros Gerhard Strydom is nie net ‘n goeie skut nie, maar ook die spankaptein van Heidelberg se veldteiken skietklub wat Suid-Afrika later vanjaar in Pole verteenwoordig.

 

Volg ons:

Facebook

Twitter

 

Kickboxers deliver stellar performance at national championships

Related Articles

Back to top button