CrimeLocal newsNews

Oorlog in kleine breek uit in Ratanda

Koeëls vlieg terwyl gemeenskap op rowers toesak

55-Jarige Thandi Nkutha, eienaar van Laura’s Tavern in Pangelastraat, Uitbreiding 23 is in haar maag geskiet toe drie rowers gisteraand op die kuierplek toegesak het.

Die gemeenskap, met die hulp van Fidelity Sekuriteismaatskappy het die rowers agternagesit ten spyte daarvan dat die verdagtes op hulle geskiet het.

Twee mans is vir besigheidsroof, besit van vermoedelik gesteelde goedere en poging tot moord aangekeer. Die derde verdagte het in ‘n huurmotor weggekom.
Generaal Majoor Girly Mbele (bevelvoerder: Ekurhuleni Oos Kluster) het die gemeenskap en sekuriteit vir hul samewerking geloof.

Die 50-jarige eienaar is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem en is in ‘n stabiele toestand.

Die polisie vra die gemeenskap se hulp om die derde verdagte op te spoor. Die verdagte het ‘n geel Kaizer Chiefs T-hemp, jeans en tekkies aangehad. Hy word beskryf as kort en bonkig, in sy laat 40s met ‘n sterk Zulu aksent. Hy is baie donker van gelaatskleur.

Inligting kan na die SAPS se Crime Stop nommer by 08600 10111 deurgegee word of stuur ‘n SMS na 32211.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button