MunicipalNews

Dodelike infeksie (Listeriose) eis tientalle lewens

Die Departement van Gesondheid het op 6 Desember ‘n verklaring uitgereik wat ‘n uitbraak van Listeriose in Suid Afrika bevestig en tientalle mense is reeds sedert die uitbreek van dié siekte dood.

Listeriose is ‘n ernstige en potensieël dodelike infeksie wat deur die Listeria bakterie veroorsaak word.

Hierdie bakterie word veral gevind in grond en besmette water, pluimvee en kuddediere en kan dus daarom in ongepasteuriseerde melk en vleisprodukte voorkom.

Dit kan ook deur rou groente en vrugte wat besmet is, versprei word.

Die infeksie het tipies gastro-intestinalesimptome soos naarheid, braking, diarree, buikpyn en kan ook griep-simptome soos lyfseer en koors veroorsaak.

Die infeksie is potensieël dodelik by ouer mense en jong kinders en babas, mense met ingekorte immuunsisteme (soos byvoorbeeld HIV positiewe mense) en swanger vroue.

Simptome kan vinnig ontstaan – binne nege tot 48 uur na infeksie, maar dit kan selfs tot 30 dae neem voor simptome verskyn.

In die meeste gevalle is die toestand self-beperkend en is slegs ondersteunende behandeling nodig. Genoegsame vloeistofinname en kosse soos brood, rys, piesang en appels kan die diarree onder beheer hou. Behandeling sal deur jou dokter begin word indien dit nodig is. In meer ernstige gevalle, swanger vroue, ouer mense en kinders asook mense wat moontlik komplikasies van die infeksie het, word antibiotika gebruik om die infeksie te behandel.

Onthou, as jy simptome ervaar is dit belangrik dat jou dokter jou ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button