Local newsNews

Geliefde oud-Volkie sterf in motorongeluk

Alton Palmer as briljante rugbyspeler deur hoof beskryf.

Alton Palmer (19) het op slag gesterf toe hy Vrydag in die vroeë oggendure vanaf Springs (waar hy rugby geoefen het) na Nigel teruggekeer het.

Alton is deur Mnr Hennie Pieterse (hoof) van Hoër Volkskool as ‘n briljante rugbyspeler beskryf.

Hy het verlede jaar matrikuleer en het vir sy skool se eerstespan uitgedraf. Hy is deur sy hoof en onderwysers as ‘n sensitiewe jongman met ‘n besondere humorsin beskryf. “Alton het die mooiste maniere gehad en was geliefd onder sy maats sowel as onderwysers. Hy was bekend vir sy deursettingsvermoë en Volkies het hoë verwagtinge vir sy naskoolse rugbyloopbaan gekoester,” het Mnr Pieterse gesê.

Alton was die enigste seun van Altie en Lou-Anne Palmer van Nigel.

Alton word Donderdag (20 Julie) om 13:00 vanuit die Grace Bediening in Republieklaan, Nigel ter ruste gelê.

Related Articles

Back to top button