EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Nouvanaand Films op soek na ekstras

Wees deel van 'n nuwe rolprent en wen!

Nouvanaand Films nooi  inwoners van Heidelberger, Nigel en Balfour om deel van hul splinternuwe fliek te wees.

Die rolprentvervaardigers is op soek na sowat 200 ekstras om aan ‘n huwelikstoneel deel te neem. Een van die ekstras staan die kans om ‘n kontantprys van R10 000 te wen.

 

PLEK:

Lezar Opstal Wedding Venue (Heidelberg)

 

DAE EN TYE:

Maandag, 17 April:

70 mense

Tyd: 17:00 – 05:00

 

Dinsdag, 18 April: 

70 mense

Tyd: 18:00 – 06:00

 

Woensdag, 19 April:

50 mense

Tyd: 18:00 – 06:00

 

DRAG:

Semi-formeel, soos jy na ‘n troue sal aantrek.

Klere: verkieslik klere wat pastel kleure is, met ander woorde ‘naak’ kleure. (Geen rooi, strepe of, bold prints)

*Swart is ook ‘n opsie indien jy nie pastel trouklere het nie.

 

OUDERDOMME:

NB: Geen onder 18’s

 

PRYSE:

1ste Prys: R 10 000 + 2 kaartjies na die première in Johannesburg

2de Prys: 4 x kaartjies na die première in Johannesburg

3de Prys: 2 x kaartjies na die première in Johannesburg

 

WAT WORD VERWAG:

  1. Jy kies twee van die bogenoemde drie dae om deel te wees van die storie. Dit werk op ‘n eerste kom, eerste bedien basis. Jy bespreek twee aande wat jy wil kom. NB: Jy MOET vir die volle tydsduur (12ure) per dag beskikbaar wees. Jy sal slegs in aanmerking vir die pryse oorweeg word indien jy aan beide aande deelneem.
  2. Nouvanaand Films bedien ook twee baie maaltye aan die ekstras elke aand. Daar is ook heeltyd koffie en tee beskikbaar.
  3. NB: Ongelukkig GEEN drank nie.

 

HOE OM DEEL TE WEES: 

  1. Stuur ‘n epos met ‘n foto van jouself asook watter twee aande jy wil deelneem na: chanel@nouvanaand.co.za – hulle sal jou bevestig en meer besonderhede aanstuur.
  2. Daar sal agt gaste per tafel by die “troue” wees; so gryp jou vriende en familie en maak ‘n tafel vol!
  3. Op 21 April sal die wenners van die pryse hier op Heruat se webblad bekend gemaak word.
  4. Inskrywings sluit Saterdag, 15 APRIL om 15:00.

*Die wenner sal uit ‘n raffle trekking gekies word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button