Local newsNews

Heidelbergers veilig terug ná perdry ekspedisie na Suidkaap

Ons eie Monty Roberts volgelinge vlieg vandag na Amerika.

Petrus Bezuidenhout en Hannelie Bremer vlieg vandag na Amerika waar hulle hoop om Monty Robberts inspekteurs (Afrika se eerstes) te word.

Die 18-jarige Petrus en Hannelie (19) het pas teruggekeer van ‘n 1 520km lange tog na die Suidkaap op ‘n perd se rug. Dit was om perde eienaars bewus te maak dat alternatiewe metodes gebruik moet word wanneer perde afgerig word.

Die Amerikaner Monty Robberts is bekend vir sy Join-up metode en ‘n inspekteur het Heidelberg verlede jaar besoek, waar Petrus en Hannelie meer daaroor geleer het. Die twee het toe besluit om die tog (‘n jarelange droom van Petrus) aan te pak om bewusmaking te skep.

 

‘Ons is getuies daarvan dat wrede opleidingsmetodes (wat dikwels in die perdebedryf toegepas word) onnodig is en groot hoogtes bereik kan word as ‘n perd sagkens en met geduld hanteer word’

 

Hulle het hul ekspedisie REACT Trip (riding expedition against cruel training) gedoop.

Lees die volledige berig in HERAUT van 5 April.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button