CrimeNews

Rowers teiken tweede Jordaanpark woning

'n Tweede gewapende huisroof het binne ure en sowat 'n blok van die eerste roof in Heidelberg plaasgevind.

Drie mans wat hulself as werkers voorgedoen het, het ‘n huiswerker van Leeustraat om 10:00 na die voorhek geroep. Die mans het gesê dat hulle deur die eienaar gestuur is om in die huis te werk.

Hulle het voorgegee dat hulle met die eienaar oor die foon praat. Sy het hulle ingelaat, waarna hulle haar oorval en vasgebind het.

Volgens A/O Wollie Wolmarans het die diewe met ‘n TV, rekenaar en ketel in ‘n wit Nissan Xtrail gevlug.  Die getraumatiseerde vrou het om hulp geroep, waarna bure die GPF gewaarsku het.

Sy is deur privaat sowel as provinsiale paramedici op die toneel vir skok en skaafmerke behandel.

 

 

Dit is die tweede huisroof wat Jordaanpark vanoggend getref het. Volg die skakel hieronder om meer oor die eerste roof te lees:

 

 

Gewapende rowers slaan in Jordaanpark toe

  •  Inbrekers het ook oor die naweek by ‘n huis in Leeustraat ingebreek en verskeie toerusting asook die gesin se voertuig gesteel. Die gesin was uitstedig toe die voorval plaasgevind het.

Related Articles

Back to top button