CrimeLocal newsNews

Grootvlei egpaar dood in sitkamer gevind

Polisie meen daar was geen gemene spel betrokke tydens tragedie.

Die huis was netjies, alles op sy plek, maar toe die bediende Saterdagoggend by die Groblerhuis instap was sy geskok toe sy die liggame van Johan (54) en sy vrou Marie (52) in die sitkamer op hul plaas Donker Denne buite Grootvlei gevind het.

Volgens die polisie is ‘n 9mm pistool langs Johan se liggaam gevind.

“Ons vermoed op hierdie stadium geen gemenespel nie,” het Grootvlei SAPD woordvoerder Adjudant Offisier Andre van der Lith gesê.

“Daar was geen teken van ‘n struweling nie, die huis was skoon en netjies en al hul besittings was daar.”

Van der Lith het bevestig dat ‘n geregtelike doodsondersoek sal geskied.

Die Groblers, hul twee dogters en kleinkinders was in die omgewing vir hul besigheid, Nanel Voere, bekend.

HERAUT het verder verneem dat Johan baie siek was en dat dit moontlik ‘n rol in die tragiese gebeure kon gespeel het.

 

Related Articles

Back to top button