NewsSchools

Hoërskool John Vorster vereer top presteerders tydens prysuitdeling

NIGEL - Verskeie leerders van Hoërskool John Vorster is tydens die prysuitdelingfunksie op 18 Oktober met talle toekennings en trofeë vereer.

Hoërskool John Vorster Graad 8-leerder Elandia Marais is tydens die prysuitdeling op 18 Oktober as junior Victrix Ludorum aangewys. Sy het trofeë vir netbal, atletiek en beste junior hekkiesatleet (meisies) ontvang.

Graad 9-leerder Arno Helberg as junior Victor Ludorum aangewys. Hy het ook trofeë vir beste junior hekkiesatleet (seuns) en beste junior baanatleet ontvang.

Chanté Fourie is as junior kultuurmeisie van die jaar aangewys. Sy het ook ‘n trofee vir o/15 hokkiespeler van die jaar ontvang.

Jason Erasmus is as senior Victor Ludorum aangewys en het ook ‘n trofee vir beste senior veldatleet ontvang.

2017 Onderhoofmeisie Maritza Maritz is as senior sportmeisie van die jaar aangewys. Sy is ook met meriete sertifikate vir krieket, hokkie, landloop en atletiek vereer.
2017 Onderhoofmeisie Maritza Maritz is as senior sportmeisie van die jaar aangewys. Sy is ook met meriete sertifikate vir krieket, hokkie, landloop en atletiek vereer.

Graad 11-leerder Angelique Fisher is as senior Victrix Ludorum aangewys.

Ruan Grobbelaar en Robert Botes deel die trofee vir senior sportman van die jaar, terwyl Ruan as beste bouler en beste senior krieketspeler aangewys is.

2017 Onderhoofseun Luan Gertenbach is as senior kultuurseun van die jaar aangewys. Hy het ook ‘n hokkie trofee ontvang.

Die Graad 12 sportmeisie van die jaar trofee is aan Gloudine Giezing toegeken.

Hoërskool John Vorster se Graad 12-dux leerder Maryke Roets het armsvol toekennings ontvang. Sy het vyf medaljes vir akademie en trofeë vir uitsonderlike akademiese prestasie in Wiskunde, Geografie, Rekeningkunde en Lewensoriëntering ontvang.  Sy is ook met ‘n netbal trofee vereer en het sertifikate vir 12 jaar getroue skoolbesoek, lid van Vossieflitse redaksie, netbal en skooldirigent ontvang.

Graad 12-leerder Precious Kgomo is met akademiese trofeë  vir English home language, Life Sciences en CAT vereer. Sy het ook ‘n akademiese skild ontvang en as tweede top akademiese presteerder aangewys. Precious se toekennings sluit ook erekleure vir netbal en ‘n trofee vir beste gesindheid in die span in.

Hier is ‘n fotogallery met van die leerders wat tydens die prysuitdeling afgeneem is:

Related Articles

Back to top button