Local newsNews

Marius Maree more vanuit die Klipkerk gegroet

Bekende en geliefde Heidelberger verloor stryd teen kanker.

‘n Gedenkdiens vir Marius Maree (63) word more (12 Oktober) om 14:00 vanuit die Klipkerk gehou. Marius, ‘n geliefde inwoner van Heidelberg en sakeman van Balfour het op 6 Oktober sy stryd teen kanker verloor.

 

Hy het die afgelope 22 jaar in Heidelberg gewoon en was veral bekend as bestuurder van Standard Bank en die laaste paar jaar as eienaar van Dipaleseng Vulstasie in Balfour.

 

Hy was ‘n groot sportman en ywerige gholfspeler, jagter, duiker en hengelaar. Hy was ook vir jare lid van Heidelberg Besigheidskamer en het op die kerkraad van die Klipkerk gedien.

Marius het ‘n groot vriendekring gehad en hulle onthou hom as ‘n vriendelik mens en familieman met ‘n passie vir die lewe.

 

Marius laat sy vrou Annette, twee dogters en vier kleinkinders agter.

Related Articles

Back to top button