CrimeNews

Inbrekers val bejaarde met skroewedraaier aan

72-Jarige van Rensburg moes verbete terugveg.

Steve Rautenbach het Sondagoggend om 03:00 in sy huis in Vosstraat wakkergeword toe sy hondjie begin blaf het. Hy het gaan ondersoek instel en sy voordeur oopgesluit. Sy sekuriteitshek het wawyd oopgestaan en twee inbrekers het op hom afgestorm en beduie dat hy stilbly.

Steve het begin skree en een van die inbrekers het hom met ‘n skroewedraaier in die gesig, agter sy oor en op sy skouer begin steek.

Sy buurman het hom gehoor en ‘n buitelig aangeskakel wat die diewe laat weghardloop het.

Steve sê dit was twee jongerige mans wat nie groot gebou is nie. Die een het ‘n slaprand hoed gedra en die ander het ‘n balaklava bo op sy kop gedra.

Lees die volledige storie in more (21 September) se HERAUT.

Related Articles

Back to top button