Local newsLocal sportNewsSport

Vallerie Sweeney tans sterkste vrou in land

Sien hier 'n video van hoe sy 'n 8ton vragmotor sleep.

André en Vallerie Sweeney, Heidelberg se eie sterkman en -vrou, het op 26 Augustus gewys waarom hulle onder die sterkste mense in Suid-Afrika tel. ‘n Filmspan van Kaapstad het die paar vir ‘n dokumentêr by die Oasis Sentrum verfilm.

Vallerie het ‘n 8 ton vragmotor wat deur Van Heerdens Vervoer in Springs voorsien is, etlike meters ver gesleep, terwyl André ‘n 180kg bal oor ‘n 1.3 meter dwarspaal getel het. Vallerie is tans in die nommer een posisie van die vroue afdeling van die Suid-Afrikaanse Strongman ranglys en André lê in die tweede posisie in die mans ope afdeling.

 

 

Die egpaar het Saterdag aan die jaarlikse Suid-Afrikaanse Two Man Strongman kompetisie by die Clearwater Mall in Roodepoort deelgeneem en albei het (saam met hul onderskeie spanmaats) eerste geëindig.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button