Local newsLocal sportNewsSport

Nigel Rugbyklub AJV en Jaareindfunksie

NIGEL - Harde rugby is die afgelope naweek (13 Augustus) by die Barnard Stadion in Kempton Park gespeel toe Nigel Rugbyklub en Sasolburg se eerstespanne mekaar die stryd in die finale kragmeting van die Merlin liga aangesĂȘ het.

Dit was ‘n aksiebelaaide wedstryd waarin beide spanne hul beste spel gelewer het. Nigel se voorspelers het vir goeie agterlynbewegings gesorg, maar die opponente het teruggeveg en teen eindtyd het die telbord op 35 elk gestaan. Voorsitter van die klub, Louis Bezuidenhout het gesĂȘ Nigel het vanaf die afskop as ‘n eenheid gespeel en die wedstryd het met vinnige drieĂ« deur beide spanne begin.

Met 20 minute ekstra speeltyd kon Nigel nie daarin slaag om Sasolburg die loef af te steek nie en hulle het die wedstryd met nege punte verloor. Die eindtelling was 47-38 in Sasolburg se guns.

BELANGRIKE KENNISGEWING

Nigel Rugbyklub se algemene jaarvergadering en jaareindfunksie vind op 26 Augustus om 18:30 by Oppiedam (Balfourweg) plaas.

Vir meer besonderhede, skakel Louis by 082 335 0853.

Related Articles

Back to top button