LettersLocal newsNewsOpinion

Ope-brief van Nigel AfriForum se voorsitter

NIGEL - Hier volg 'n ope brief wat Neels Toerien, (voorsitter van Nigel AfriForum) geskryf het in die hoop om meer lede en hulp vir dié burgerregtelike organisasie te kry.

Ons as bestuur van AfriForum Nigel wil weereens ‘n beroep doen op die NIGEL gemeenskap om betrokke te raak by ons projekte.

Afrikaners het ‘n kultuur van “Daar is mos ander wat dinge laat gebeur hoekom moet ek betrokke raak”” maar AfriForum dien die gemeenskap en nie net individu nie. Indien individu NIE betrokke raak nie, kan die gemeenskap nie gehelp word nie.

AfriForum staan vir die regte van minderheids groepe teen die oorweldigende bedrog, korrupsie en onbekwaamheid van munisipaliteite. As daar nie teen wandade opgetree word nie, moet ons ook nie kla wanneer dit te laat is om ‘n verskil te maak nie. Staan saam en verander dit wat jy weet nie reg is nie. Rapporteer foutiewe straatligte, rioolstorting, swak dienslewering, vuil parke, strate en sypaadjies.

SELFDOEN IS BETER AS NIKSDOEN.

Die bestuur van AfriForum Nigel nooi elkeen in die gemeenskap om betrokke te raak nie net op die kantlyn te staan en kritiseer nie.

KROONSTAD KRISIS

Nigel AfriForum beplan om op 2 Julie water na Kroonstad te neem. Dié dorp staan gebuk onder die ergste droogte in dekades en soos met die Senekal projek, wil die plaaslike tak weer betrokke raak om soveel moontlik water moontlik te vervoer

Ons kan dit nie alleen doen nie en het elkeen van julle se ondersteuning nodig.Ons het borge nodig om dit vir ons moontlik te maak om ‘n verskil te maak waar dit die nodigste is. Ons in Nigel kan dieselfde krisis beleef en dan gaan ander mense ons weer help.

Skakel my indien jy op enige manier kan/wil help, sodat ons die nodige reëlings kan tref. Baie dankie ek waardeer julle gesindheid.
Neels Toerien – kontaknommer: 072 361 8764

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button