CrimeNews

Bomdreigement by Heidelberg Landdroshof

Gebou is pas veilig deur die polisie se bomeenheid verklaar.

Heidelberg Landdroshof het vanoggend ‘n bomdreigement ontvang. ‘n Man met ‘n Afrikaanse aksent het ‘n beampte van die hof om 09:45 geskakel en in Engels gesê dat daar ‘n bom is.

Heidelberg Polisie het alle strate om die hof afgesper en die geboue is ontruim.

 

2

Dele van Ueckermann- en Begemanstraat was vir verkeer en voetgangers gesluit.

Die Polisie se bomeenheid het omstreeks 11:40 die gebou verlaat en veilig verklaar.

 

3

Related Articles

Back to top button