CrimeLocal newsNews

Uitnodiging: sluit by Nigel GPF konvooi aan en wen ‘n prys

NIGEL - Lede van die publiek word genooi om Vrydagaand (10 Junie) om 19:00 by Nigel GPF aan te sluit.

WAAR?

Tydens dié geleentheid kan inwoners lede van Nigel GPF vergesel op ‘n roete wat by die Spur @ The Angelo Mall begin.

Die doel van die publieke konvooi is om inwoners bewus te maak van dit wat Nigel GPF vir die dorp beteken – meer spesifiek met verwysing na die werk wat hulle doen in misdaadbekamping en -voorkoming en sodoende nuwe lede vir die forum te werf.

armed_robbery (Custom) arrest_7 (Custom) crime-Medium4 (Custom)

Die konvooi word deur beamptes verbonde aan SAPS Duduza en Nigel Metropolisie gelei.

Tydens die konvooi word ‘n aantal plaaslike kinderhuise op die roete ook besoek om lekkergoedpakkies uit te deel.

GELUKSTREKKING

Die program sal omstreeks 21:00 met ‘n gelukstrekking ten einde loop. Een gelukkige persoon (ongeag of jy lid van Nigel GPF is of nie) sal met ‘n splinternuwe mikrogolfoond wegstap.

Bewusmakingsveldtogte en fondsinsamelingsprojekte is noodsaaklik vir die suksesvolle voortbestaan van nie-winsgewende organsasies soos Nigel GPF en daarom word die publiek versoek om aan te sluit.

Aansluiting is gratis en dienspatrollies vrywilliglik.  

Vir meer besonderhede oor Nigel GPF of die konvooi, skakel Natie by 082 424 6440 of Hendrik by 079 544 5485.

Besoek ook Nigel GPF se Facebook-blad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button