Local newsNews

Heidelberg vrou in ongeluk beseer

Atos land op dak toe sy motorfiets tref.

‘n Vrou is ernstig in ‘n ongeluk beseer toe haar voertuig en ‘n BMW motorfiets gebots het. Die ongeluk het vandag net na 12:00 op die hoek van Van der Westhuizen- en HF Verwoerdstraat gebeur.

3

Jeanine Pretorius se Hyundai Atos het met die impak van die botsing op sy dak beland. Sy is met nek- en rugbeserings na Life Suikerbosrand Hospitaal geneem. Haar vriendin, Estelle Jordaan en haar man Dawie het haar op die toneel bygestaan en was nie soos vroeër berig is, in die ongeluk betrokke nie.

Die motorfietsryer van Springs was op ‘n ontbytrit in Heidelberg en oppad huis toe, toe die ongeluk gebeur het.  Hy het sy gewrig gebreek en skouer- en nekbeserings opgedoen. Hy is na dieselfde hospitaal geneem.

Dit is nie seker wat die oorsaak van die ongeluk was nie.

 

2

 

Related Articles

Back to top button