NewsSchools

Vossieland spog met TWEE nuwe adjunkhoofde

NIGEL - Hoërskool John Vorster het ‘n nuwe era betree met die aanstelling van twee nuwe adjunkhoofde, naamlik Theresa Becker en Jaap de Beer.

LEES MEER HIEROOR IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT

Die aanstelling is effektief vanaf 1 Mei. Beide Theresa en Jaap het reeds diep spore in die skool, asook die plaaslike gemeenskap gelaat. Theresa spog met drie tersiêre kwalifikasies, naamlik ‘n BA.Ed (Wiskunde en Afrikaans), Bed-Honneurs en onlangs ook ‘n LLB-graad.
Jaap de Beer het sy beroep as onderwyser in 1992 by Hoërskool John Vorster begin. 25 Jaar ononderbroke diens getuig van sy lojaliteit aan die skool.

“My ambisie in die lewe, spesifiek vir die onderwys, motiveer my om die beste te bereik,” het hy ná die aanstelling gesê.

Sy passie vir kinders is alombekend en hy word beskryf as ‘n sterk motiveerder, iemand wat leerders lei tot bereiking van hul persoonlike beste prestasie.
Jaap het deur sy onbaatsugtige diens aan die skoolgemeenskap honderde jongmense se lewens positief beïnvloed en verryk.
Die waarnemende hoof Me Barbara Nolte het gesê die beheerliggaam, personeel, ouers en leerders sien met verwagting uit na die nuut aangestelde adjunkhoofde se aandeel om die skool na nog hoër hoogtes te lei.

“Ek het geen twyfel dat die taak wat aan hulle opgedra is met deernis en positiwiteit aangepak sal word nie. Die skoolgemeenskap wens hulle sukses toe vir die nuwe fase wat voorlê met die woorde van die skoolleuse as aansporing: volhard en oorwin,” het Me Nolte gesê.

 

Vossieland is nog in afwagting op die aanstelling van die nuwe hoof.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button