NewsSchools

Drie Hoër Volkie spanne as ligawenners aangewys

Rugby, netbal en hokkie maak hul merk in NWU Superreeks.

Hoër Volkskool se o/14A rugbyspan, o/16A netbalspan asook die hokkie tweedespan is as ligawenners van die NWU Superligareeks gekroon.

Die o/14A rugbyspan het hul wedstryd teen Hoërskool Alberton met 45-0 gewen, die o/16A netbalspan wen 19-13 teen Hoërskool Linden en die hokkie tweedespan wen 2-1 teen Hoërskool Brits.

Die ander uitslae was soos volg: Rugby: Eerstes verloor 13-31 teen Hoërskool Linden, tweedes verloor 14-20 teen Hoërskool Hoogenhout, o/16A wen 19-7 teen Hoërskool hoogenhout en die o/15A verloor 0-12 teen Hoërskool Bastion.

Netbal: Eerste span verloor 16-24 teen Hoërskool Bastion, o/17A wen 14-11 teen Hoërskool Bastion, o/15A wen 23-10 teen Hoërskool Alberton en o/14A wen 20-14 teen Hoërskool Riebeeckrand.

Hokkie: Eerstes speel gelykop (0 elk) teen Hoërskool Riebeeckrand, o/16A verloor 0-1 teen Hoërskool Brits, o/15A wen 3-1 teen Hoërskool Hans Moore en o/14A verloor 2-1 teen Hoërskool Alberton.

 

Related Articles

Back to top button