Local newsNewsBreaking News

102 Kersies op oom Gert se verjaardagkoek

NIGEL - Gert Maritz het op 20 April die herdenking van sy 102de geboortedag gevier. Hy is bykans 40 jaar deel van die Nigel gemeenskap en was voor sy aftrede ‘n ‘n bewaarder by die Korrektiewe Dienste in Springs en daarna Barberton.

Gert woon by sy seun Arnold en skoondogter Alet op ‘n plaas buite die dorp. Gert is diep gelowig en glo dat genade van Bo en ‘n goeie skeut goeie gene die geheim van sy rype ouderdom is. Sy pa het 97 en sy oupa 105 jaar oud geword. Gert spog met drie seuns, agt kleinkinders en nege agterkleinkinders en hou homself bedags besig deur in sy groentetuin te vroetel.

Hy maak soggens sy eie bed op en wanneer hy die dag kans sien, maak hy sommer vir die hele gesin ontbyt. As sy skoondogter Alet nie keer nie, help Gert sommer ook soggens met die wasgoed.

Behalwe vir gehoor-probleme, is Gert is blakend gesond. “Dalk is dit Holgatfontein se water wat my jonk hou,” het hy geskerts.

LEES DIE VOLLEDIGE BERIG IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT
 

Related Articles

Back to top button