Local newsSport

Nigel Rugbyklub vereer top spelers

Die Nigel Rugbyklub het terug gekyk op 'n suksesvolle jaar.

Die Nigel Rugbyklub het op 12 Oktober ‘n suksesvolle seisoen gevier tydens die klub se afsluiting en prysuitdeling.

Nigel se eerste span het vanjaar die Valke Merlin liga gewen deur Benoni Northerns in die eindstryd te klop en die tweede span het tweede in die liga geëindig.

Nigel se eerste span het ook vierde in die nuut-gestigte Presidents Beker geëindig.

Tydens die funksie is die klub se nuwe bestuur vir 2025 genomineer en is die spelers wat reg deur die jaar hard gewerk het is vereer.

Die huidige klub sekretaresse, Anita Cilliers het ook vir oulaas die verrigtinge gereël. Cilliers het die klub vaarwel geroep na jare se diens.

Die spelers wat toekennings op die aand ontvang het was:

Spanbestuurder van die jaar: Mohammed Lottering.

Bestuurslid van die jaar: Frans Peens.

Bestuur se speler van die jaar: Frikkie Jansen.

Afrigter van die jaar: Allan Chapman en Gideon Fick.

Beste span van die jaar: Eerste span.

Klubman van die Jaar: Piet Celliers.

Mees opwindende speler van die Jaar: Lincoln Baadjies.

Toeskouer van die jaar: Consalv Kamfer.

Voorsitter trofee: Anita Celliers, Joni Peens en Marlene Myburgh.

• Eerste span

Wissel trofee: Craig Pienaar.

Voorspeler van die jaar: Keanan Mouton.

Agterspeler van die jaar: Leuan Cobus.

Meeste drieë: Steven Kok.

Meeste punte aangeteken: Steven Kok.

Mees toegewyde speler: Odwa Gcobo.

Opkomende speler: Wilco Ras.

Speler se speler van die jaar: Lenton Jamani.

Speler van die jaar: Lenton Jamani.

• Tweede span

Wissel trofee: Christo de Beer.

Voorspeler van die jaar: Pierre Mansour.

Agterspeler van die jaar: Johan Groesbeek.

Meeste drieë: George Fritz.

Meeste punte aangeteken: Handerik Deyzel.

Mees toegewyde speler: Zama Ndawo.

Opkomende speler: Lian Pelser.

Speler se speler van die jaar: Jacobus Lotter.

Speler van die jaar: Henry van Biljon.

Algehele junior speler van die Jaar: Andrico Potgieter.

Algehele senior speler van die jaar: Simpiwe Jange.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button