Local news

Anne Jordaan, oudste inwoner van Suikerbos Oord oorlede

Anne het vir 27 jaar in die Suikerbos Oord gewoon waarvan sewe jaar Silwer Akker haar huis was.

Anne Jordaan, die oudste inwoner van die Suikerbos Oord is op 7 Oktober op die ouderdom van 98 oorlede.

Sy het ‘n ryk geskiedenis en verlede in Heidelberg en omgewing gehad en laat ‘n groot leemte.

Anne is in 1926 op Clocolan gebore en het ook daar skool gegaan totdat sy haar matriek, op 16-jarige ouderdom, voltooi het.

Daarna het Anne vir vier jaar by die Binnelandse Inkomste Diens gewerk voor sy met ‘n Rhodesiër, Cornelius Spruit getroud is.

Anne en Cornelius was vir 39 jaar getroud en twee kinders is uit hul huwelik gebore.

Lieschen is in 1948 gebore en woon in Australië en Albert, wat in 1950 gebore is, is in Swede woonagtig.

Na Cornelius se afsterwe het Anne met sy neef, wat ook op ‘n stadium die burgemeester van Heidelberg was, Carl Jordaan getrou.

Anne het vir 27 jaar in die Suikerbos Oord gewoon waarvan sewe jaar Silwer Akker haar huis was.

Sy het deur die jare baie vriendskapsbande gesmee en was geliefd onder die inwoners en die personeel van die oord.

Jordaan het in ‘n vorige onderhoud met die HERAUT gesê dat die geheim vir ‘n langdurende lewe is om elke paar maande verlief te raak.

“Wees ook lief vir jouself en wat jy doen. Dit maak alles die moeite werd. Op die ou end is dit al wat saak maak,” was die raad wat Anne gedeel het.

Die begrafnis reëlings is nog nie bekend gemaak nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button