Local newsSport

Katrolle sing by Balfour Hengelklub kompetisie

Balfour Hengelklub se volgende kompetisie is by Draaifontein Vaaldam op 5 en 6 OIktober.

Die Balfour Hengelklub het op 7 September hul lyne by die waters by Gloy, Vaaldam gaan ingooi om weer ‘n paar grotes uit te trek.

Altesaam 27 lede van die klub het deelgeneem en 237 vis in die nette gehad met ‘n totale gewig van 244.59kg.

Die uitslae vir die dag was soos volg:

Senior wenners: eerste Bennie Kriel met 32 vis (39.26kg), tweede Lukas Stoltz met 18 vis (19.85kg) en derde was Heine Terblanche met 10 vis (22.00kg)

Dames wenners: eerste Ingrid Kriel met 14 vis (4.18kg), tweede Sarita Stoltz met nege vis (8.95kg) en derde Darell Roos met sewe vis (7.340g).

Junior wenners: eerste Kallie Kriel met 13 vis (13.85kg), tweede Anthony Muller met ses vis (8.56kg) en derde Noah Lombard met vier vis (7.63kg).

Die swaarste karp was deur Dirk Roos uitgetrek met ‘n gewig van 3.91kg. Anthony Muller het die swaarste graskarp uitgetrek met ‘n gewig van 6.95g.

Johan Dames het die swaarste moddervis ingetrek met ‘n gewig van 0.57kg.

Die swaarste baber, met ‘n gewig van 6.41kg, was deur Lukas Stoltz gevang en Boetie Haasden het die swaarste geelvis met ‘n gewig van 0.68kg ingekatrol.

Die volgende kompetisie is by Draaifontein, Vaaldam op 5 en 6 Oktober.

Vir meer inligting, kontak Lukas Stolz by 084 757 6058 of Bennie Kriel by 079 888 6052.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button