Local newsSport

Danser ryg toekennings in

Sy het ook Gauteng kleure ontvang en is gekies om deel te wees van die 2025 span vir Talent America in New York.

Wanneer Kaylee de Bruyne (14) die verhoog betree om te dans, is dit gepas om die spreekwoord te gebruik dat sy die verhoog aan die brand dans.

Dié Graad Agt leerder aan die John Vorster Hoërskool dans vandat sy ses jaar oud is en vir die afgelope agt jaar is sy een van Zoë Dance Studio se top dansers.

“Ek geniet ander sport soos gymnastiek maar dans is my passie. Ek glo ek kan met my danstalente verdere hoogtes bereik na skool.” het Kaylee gesê.

Sy doen tans ballet en kontemporêre dans en spog met uitstekende prestasies en top punte vir eksamens en kompetisies waarin sy die afgelope jaar deelgeneem het.

Kaylee de Bruyne by die Dell’Arte Eisteddfod.

In Junie het sy ‘n onderskeiding van 85% behaal tydens die Major Ballet Eksamen intermediêre fase.

Sy het ook in Junie aan die DASA Dance Awards in Centurion deelgeneem en het daar ‘n silwer ster toekenning in ballet en goue ster toekenning in kontemporêre dans verwerf.

In Julie het sy aan die Con Spirito kompetisie deelgeneem waar sy op 13 Julie in Boksburg vir ballet ‘n A+(88%), kontemporêre dans A++(94%) behaal het, item wenner was en gekwalifiseer het vir die nasionale ronde.

In akrobatika het sy A++(92%) behaal, is weer die item wenner en is ook deur na nasionale ronde.

Sy het ook op 27 Julie tydens die Dell’Arte Eisteddfod as itemwenner vir ballet, kontemporêre dans en akrobatika weggestap met punte soos volg: ballet: A++ (93%), kontemporêr: A+++ (98%) en akrobatika: A++ (94%).

Tydens die nasionale rondte op 24 Augustus het sy weer haar vernuf gewys en behaal die volgende prestasies:

Kaylee de Bruyne op die verhoog waar sy op haar gelukkigste is.

kontemporêr: A+++ (96%), Graad 8 nasionale wenner, akrobatika: A+++ (96%), Graad 8 nasionale wenner.

Die Nasionale Prestige Prysuitdeling het op 14 September in Alberton plaasgevind.

Tydens die Heidelberg Eisteddfod wen sy vir ballet ‘n silwer sertifikaat, vir akrobatika ‘n goue sertifikaat en vir kontemporêr ‘n diploma.

Kaylee het ook op 11 Augustus in Vanderbijlpark deelgeneem aan Show Your Talent en weereens met goue medaljes vir ballet, kontemporêr en akrobatika weggestap.

Sy het ook Gauteng kleure ontvang en is gekies om deel te wees van die 2025 span vir Talent America in New York.

Tydens die Bedford Eisteddfod was sy gekroon as itemwenner in al drie haar kategorieë en tydens die Talenté Arts Festival op 31 Augustus in Springs het sy weer top punte los gedans deur A+++(97%) vir ballet, kontemporêr en akrobatika te begaal en was ook die item wenner vir ballet.

Kaylee de Bruyne tydens Con Spirito kompetisie in Julie.

Kaylee het nog die Stage Quest kompetisie en die Dance Star kompetisie wat voorlê vir die jaar.

“Ek is super trots op haar. Haar passie, uithouvermoë en toewyding is ‘n inspirasie,” het Letisha Nel, eienaar van Zoe Dance Studio gesê.

Haar ma, Heidi het vertel dat Kaylee doelgerig is en baie hard oefen.

“Ons is uiters trots op haar en ondersteun haar in alles. Kaylee maak groot opofferings en haar prioriteit is altyd om te oefen en gereed te wees vir alles wat sy aanpak en dit laat ‘n ouer-hart gloei van trots,” het Heidi gesê.

Related Articles

Back to top button