Local newsSport

Volkskool leerders druk hul stempel af

Met die skooljaar wat einde se kant toe staan is daar geen keer aan die Volkie leerders nie.

Leerders van die Hoër Volkskool het die afgelope tyd op vele gebiede hul stempel afgedruk.

• Dans

Alisha Miller van der Walt het onlangs aan die “Show your talent” kompetisie deelgeneem. Van der Walt het die beoordelaars beïndruk en is gekies om Suid-Afrika in 2025 in New York te verteenwoordig.

Alisha is nie net ‘n bekwame danser nie maar het ook aan die Hokkie Rhinoweek deelgeneem waar sy haar Vlak 0 hokkie afrigter sertifikaat ontvang het, wat haar in staat stel om mini hokkie af te rig.

Alisha Miller van der Walt.

• Krieket

Drie van die skool se krieketspelers is gekies om Sedibeng se o18 krieketspan te verteenwoordig.

Hulle is: Matthew Wentzel (Graad 12), Dave Pelzer (Graad 11) en Maro Hartkopf (Graad 11).

•Rugby

Volkskool het onlangs ‘n sewes rugby toernooi vir o15 en o17 spanne aangebied.

Volkskool se spanpraatjie voor ‘n wedstryd.

Volkskool se uitslae is as volg:

o15: Volkskool 29 – Birchleigh 5, Volkskool 40 – Dinamika 5, Volkskool 27 – Marais Viljoen 19, Volkskool 17 – Die Anker 12.

Die finaal was tussen Volkskool en Noordheuwel. Noordheuwel wen met 34-5.

o17: Volkskool 35 – Brandwag 5, Volkskool 52 – Birchleigh 0, Volkskool 14 – Transvalia 29, Volkskool 12 – Welkom Gimnasium 14 en Volkskool 7 – Hugenote 24.

Volkskool se sewes span in aksie op die veld.

• Landloop

Landloopatlete het onlangs aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem.

Die langasems wat die beste gevaar het was: Melanie Pruis o14 (21ste), Kay-Lee Billings, o19 (17de) en Tristan van Wyk, o14 (30ste).

Related Articles

Back to top button