Local news

Sang en dans kikker bejaardes se dag op

Patricia Meyer, voorsitter van Helpende Hand het die verwelkoming gedoen en Vermaas en Welgemoed bedank.

Solidariteit Helpende Hand Heidelberg-tak het gereël dat Marlene Vermaas en Shaun Welgemoed op 30 Augustus ‘n vertoning vir die inwoners van die Suikerbos Aftreeoord gelewer het.

Marlene en Shaun het verskeie liedere gesing van gewilde kunstenaars wat Afrikaans, country, rock en roll en popmusiek insluit.

Marlene Vermaas en Shaun Welgemoed sing ‘n liedjie saam.

Patricia Meyer, voorsitter van Helpende Hand het die verwelkoming gedoen en Vermaas en Welgemoed bedank dat hulle ingestem het om by die oord op te tree.

Patricia Meyer, tak voorsitter het almal verwelkom.

“Ons wil die bejaardes laat voel dat hulle elkeen nog ‘n rol het om in die gemeenskap te speel en wil hulle bedank vir die kennis wat hulle op ‘n daaglikse basis met ons deel,” het Meyer gesê.

Marle Walkden, Suikerbos Aftreeoord se maatskaplike werker het ‘n bos blomme aand Marlene Vermaas oorhandig.

Die inwoners of “silwer tieners” soos Vermaas hulle genoem het, het op die maat van die musiek hande geklap terwyl sommige ‘n draai op die dansvloer geniet het.

Die inwoners het die vertonig geniet.

Related Articles

Back to top button