Local news

Inwoner van die week

Die polisiestasie tuin gaan mooigemaak word en die palisades gaan 'n helder geel geverf word.

Marietjie en Charles Emslie is gekies as die inwoners van die week.

Die Emslie gesin is jarelange inwoners van Heidelberg en het as deel van die Heidelberg Hoop vrywilligers ook hulle deel begin doen om die dorp mooi te maak.

Hulle het die polisiestasie onder hulle vlerk geneem en reeds begin met opknappingswerk. Die tuin gaan mooigemaak word en die palisades gaan ‘n helder geel geverf word.

Alhoewel geel en blou die algemene kleure is van die SAPD, het geel ook ‘n simboliese betekenis.

Volgens Nicolene Neveling, woordvoerder van Heidelberg Hoop is geel ‘n kleur van warmte en optimisme, sonskyn en hoop wat ‘n verwelkomende atmosfeer skep. Geel simboliseer ook veiligheid en is ‘n kleur wat hoogs sigbaar is.

‘n Ander betekenis van geel is versigtigheid en waaksaamheid wat geskik is vir ‘n polisiestasie waar veiligheid prioriteit is.

Heidelberg polisiestasie het op 11 Februarie 2022 ‘n blou plaatjie ontvang as een van die dorp se erfenis geboue en as Kwêla se dorp van die jaar, kan Heidelberg uitsien na ‘n spoggerige polisiestasie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button