Local news

Oud-Heidelberger stel sy derde publikasie bekend

Sy kinders beskryf hom as ‘n verlore romantikus met ‘n kreatiewe brein.

André Lensly, skrywer en oud-inwoner van Heidelberg het op 14 Augustus drie van sy boeke by ‘n boekwikel in die Heidelberg Winkelsentrum bekend gestel.

Lensly was vir bykans 20 jaar ‘n inwoner van Heidelberg en het verskeie besighede bedryf. Hy het sewe jaar gelede besluit om af te tree en bly tans in Mosselbaai.

Skryf wat ‘n stokperdjie vir hom was, het oor die jare ontwikkel en 37 boeke het reeds uit sy pen gevloei.

“As gevolg van my liefde vir lees en verhale skryf, het ek verskeie boeke geskryf maar eers onlangs begin om dit te redigeer met die oog op publikasie,” het Lensly gesê.

Ek het dit een vir een aangepak en aan Malherbe Uitgewers voorgelê wat die drie boeke wat bekendgestel word gepubliseer het,” het Lensly vertel. Hy het bygevoeg dat hy vanaf 1989 in Heidelberg gewoon het en nog baie vriende hier het en dus gekies het om sy boeke by sy ou dorp bekend te stel.

Sy verhale word gepen uit sy eie ondervindings en lewensreise. Sy kinders beskryf hom as ‘n verlore romantikus met ‘n kreatiewe brein.

Die boeke wat hy bekendgestel het is Nélia in die Gramadoelas wat in Desember 2023 uitgegee is, Glanspad of Stofpad het gevolg en is in Maart 2024 uitgegee en Absolute Geregtigheid was einde Julie uitgegee.

Dame en die Boemelaar en Shilo Koningin van Harte is volgende op die lys.

Hy is tans besig met die redigering van drie manuskripte wat as ‘n reeks geskryf word rakende die karakter van Mike Savage.

“Mike Savage is die man vir wie almal wil ken. Die manne wil hom graag as beste vriend of buurman hê. Vrouens sal graag agter sy rug wil slaap omdat hy ‘n ware heer is en hulle veilig laat voel,” het Lensly verduidelik.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button