Local newsSport

Berge kry die wind van voor

Harde werk wag op Berge as hul die halfeinstryd wil haal.

In die eerste helfte van die Valke Merlin ligabepalings het Heidelberg Rugbyklub goed gespeel met die moontlikheid van ‘n halfeinstryd plek.

Hulle het egter die afgelope paar weke hul rieme styf geloop en staan nou die gevaar om nie die halfeind te haal nie.

Heidelberg het op 10 Augustus teen VUT op in Vanderbijlpark gespeel.

Heidelberg rank hoog in die lynstaan.

VUT het Heidelberg 36-12 gewen.

VUT het meer as ‘n span saamgespeel en bresse in die middelveld geslaan wat in punte omskep was.

Met halftyd het VUT reeds 26 punte op die telbord gehad teenoor die 0 vir Heidelberg.

In die tweede helfte het VUT ‘n verdere 10 punte aangeteken en Heidelberg 12.

Heidelberg se verdediging word getoets.

Heidelberg se puntemakers was JJ Theron en Morné Viljoen wat elkeen ‘n drie gedruk het en Kevin Schutte wat met een doelskop geslaag het.

Berge se tweedes het gesorg vir ‘n beter uitslag en kon daarin slaag om 10-10 te eindig.

Teen halftyd was die telling VUT 10 – Heidelberg 0.

Heidelberg Rugbyklub op die aanval.

In die laaste kwart van die wedstryd het Berge se tweedes twee drieë gedruk.

Heidelberg Rugbyklub het ‘n loslootjie die komende naweek voor hulle op 24 Augustus vir Elsburg die stryd gaan aansê.

Related Articles

Back to top button