Local news

Jordaan egpaar glo kliëntediens maak die verskil

Basie en Geraldine Jordaan het op 1 Augustus 2023 oorgeneem as nuwe eienaars.

Heidelberg leer ons mense ken en het die week gaan inloer by die egpaar van Elandsfontein Vleismark en Elandsfontein Biltong en Deli.

Basie en Geraldine Jordaan is 18 jaar getroud en albei het in Heidelberg groot geword. Die egpaar het twee seuns, Jason (18) en Brayden (15) wat skool gaan by Hoër Volkskool.

Elandsfontein Vleismark bestaan vir die afgelope 23 jaar in Heidelberg. Basie en Geraldine het oorgeneem as nuwe eienaars op 1 Augustus 2023. Dit is nie vir die egpaar ‘n uitdaging om saam te werk nie.

“Omdat ons mekaar al soveel jare ken, vul ons mekaar goed aan,” het Geraldine gesê.

Die uniekheid van Elandsfontein is, volgens hulle, in die diens, kwaliteit produkte en verskeidenheid wat hulle offer.

“Die kliënt is altyd reg, en omdat ons gereëlde kliënte het, glo ons, ons doen dit reg,” het Geraldine vertel.

Die afleweringsdiens ‘Tjop tjop’ wat hulle onlangs bekend gestel het dra verder by tot die uniekheid van hul besigheid. Kliënte in die groter Heidelberg area kan vleis of deli produkte bestel en dit word afgelewer deur ‘Tjop tjop’.

Die egpaar het groot toekomsplanne en beplan om die twee winkels te kombineer tot een. Die Elandsfontein Vleismark is geleë in Albert Straat 2 en Elandsfontein Biltong en Deli in die Oasis Sentrum in Schoemanstraat.

“Ons is baie dankbaar vir die gemeenskap wat ons ondersteun en om as man en vrou die besigheid saam te bestuur is vir ons ‘n voorreg,” het Basie vertel.

Related Articles

Back to top button