Local newsSport

Berge is bobaas teen Kobras

Heidelberg RK laat hulself geld.

Heidelberg Rugbyklub se eerste en tweede spanne het op 20 Julie teen Sasol Kobras in die Valke Merlin Liga te staan gekom.

Die wedstryde was op Hoër Volkskool se veld gespeel.

Heidelberg is besig om hul stewig te vestig in die Merlin Liga nadat hulle in die afgelope paar jaar in die Kestrel Liga gespeel het.

Die Merlin Liga is tawwer wedstryde met moeiliker teenstanders.

Heidelberg het nie dat die nuwe liga hulle onderkry nie en het gewys wat in hulle steek en dat hulle reg is vir groter dinge.

Berge se eerste span het Sasol Kobras se eerstes 34-14 kaf gedraf.

Die eerste helfte was baie mededingend en Sasol het in die begin hul man gestaan.

Die halftyd telling was Heidelberg 15-Sasol Kobras 7.

Die tweede helfte het Heidelberg meer bewegings bymekaar gesit en hul stempel op die wedstryd afgedruk.

Berge het ‘n verdere 19 punte aangeteken teenoor Sasol se 7.

Heidelberg se punte is aangeteken deur: drieë: JJ Theron (2), Werner Griessel (1), Roaan Viljoen (1), Bongi Ntuli (1) en doelskoppe: Armand Wessels (1), Roaan Viljoen (2). Strafdoele: Armand Wessels (1).

Die speler van die wedstryd was Morne Viljoen.

Heidelberg se tweede span het op hul beurt Sasol se tweedes 36-10 geklop.

Berge het teen rustyd alreeds 22-0 voor geloop.

Die tweede span se punte aangeteken deur: drieë: JJ Hattingh (1), Sakkie Tait (2), Freek Ziervogel (1), Frik de Beer (1), Bongi Ntuli (1) en doelskoppe: Freek Ziervogel (1), Leeroy Viljoen (2).

Spelers van die wedstryd was Sakkie Tait en Joshua Schutte.

Beide die eerste sowel as die tweede span kan moontlik in halffinale wedstryde meeding as dié tipe spel deur die res van die seisoen gehandhaaf kan word.

Die halffinale word in September gespeel.

Heidelberg se volgende wedstryd is op 27 Julie teen Meyerton.

Related Articles

Back to top button