Local newsSport

Berge span saam om oorwinnings te verseker

Heidelberg RK laat hulself geld op die veld.

Heidelberg se eerste span het East Rand United (ERU) 28-22 Saterdag in die Valke se Merlin Liga geklop en daarmee die wendroogte van die afgelope twee naweke uit die weg geruim.

ERU het aanvanklik voorgeloop en teen halftyd was die telling 15-7 in ERU se guns.

In die tweede helfte het Berge se samespel getel en het hulle het met mening ingeklim en verseker dat Heidelberg meer met die bal kon hardloop.

Die drieë wat gedruk is, is bewys van wat gedoen kan word as die span as ‘n eenheid speel.

Heidelberg op die aanval.

Berge se punte is as volg aangeteken:

Drieë: Kevin Schutte (2); Werner Griesel (1) en Jaco Els (1). Doelskoppe: Kevin Schutte (4).

Die voorspeler van die wedstryd was JJ Theron en die agterspeler van die wedstryd was Kevin Schutte.

Heidelberg se tweede span het amok gemaak en oor East Rand United se tweede span geloop.

Heidelberg het 42–0 gewen.

Heidelberg het agt drieë in die proses gedruk en met een vervyfskop geslaag.

Heidelberg se eerste span laat ERU bontstaan.

Heidelberg se tweedes se punte is as volg aangeteken:

Marko Bezuidenhout (1), Ronald Rice (1), Leeroy Viljoen (1), Zander van Rooyen (2), Johan de Ru (2), LJ Viviers (1). Doelskop: Mpho Mbatha (1).

Die voorspeler man van die wedstryd was Zander van Rooyen en die agterspeler was Freek Ziervogel.

Heidelberg speel hul volgende wedstryd teen Sasol Kobras op 20 Julie te Hoër Volkskool.

Related Articles

Back to top button